Gemmerbroodmannetjies { Resep }

inspiration-board

Gemmerbroodmannetjies is nou maar net ‘n treffer! Dis ‘n maklike en goedkoop gaste-geskenkie vir jou troudag en werk net so goed om ‘n kerskous mee te vul. Moenie bang wees om met verskillende vorms en versierings te eksperimenteer nie.

Benodighede:

  • 500 g botter of margarine
  • 500 ml  bruinsuiker
  • 1 eier
  • 500 ml gouestroop
  • 50 ml asyn
  • 45 ml fyn gemmer
  • 15 ml fyn kaneel
  • 1 ml fyn naeltjies
  • 1 kg meelblom
  • 30 ml koeksoda
  • 10 ml sout

Instruksies:

  1. Voorverhit die oond tot 200 C
  2. Klop botter of margarine en suiker saam tot goed gemeng. Voeg eier by en meng deeglik.
  3. Voeg stroop, asyn en speserye by. Voeg by die bottermengsel. Meng goed met die hande en knie tot ‘n gladde, stywe deeg. Bedek met kleefplastiek en hou in die yskas tot goed koud.
  4. Plaas die deeg tussen twee stukke waspapier en roll dit uit tot omtrent 4mm dik. Gebruik ‘n koekiedrukker om die vorms uit te druk. Plaas op ‘n bakplaat sowat 3cm uitmekaar uit.
  5. Bak 12 minute lank. Hou dop dat die koekies nie brand nie.

Alle foto’s en hul bronne is op Pinterest beskikbaar.
Lewer ongeveer 100 koekies.


Advertensies

Search Our Blog

Browse by Category