Fortuinkoekies met ‘n Kinkel { Doen-dit-self }

Fortuinkoekies is die ideale ysbrekertjies by ‘n troue en maak die oulikste gastegeskenkies. As die koekie egter eers gekrummel het, is daar niks vir gaste om regtig as ‘n herdenking huis toe te neem en vir die buurvrou en tannie by die bakkery te gaan wys nie. ‘n Materiaal fortuinkoekie is dus ideaal en boonop is jy nie gebind deur die kleur van bakprodukte nie!

Wat jy nodig het om te begin:

  • Materiaal van jou keuse,
  • Gom
  • ‘n Permanente merker of materiaal pen
  • Sker
  • Draad
  • Tang om draad mee te sny
  • Strykyster
  • ‘n Sirkel van omtrent so 12cm in deursnee, uit karton gesny

En nou om die koekie te bak…

  • Plaas die karton sirkel op die agterkant van jou materiaal en trek die sirkel op die lap af met jou pen.

  • Knip die materiaal sirkel mooi netjies uit en plaas dit mooi kant na onder op die werksoppervlak.
  • Sny ‘n stukkie draai wat omtrent ‘n sentimeter korter as die deursnee van jou materiaal sirkel is. Maak seker dat die draad so reguit as moontlik is.

  • Plaas die draaitjie op die middellyn van jou materiaalsirkel en plak dit met gom vas.
  • Sodra die gom heeltemal droog is, plaas die papierstrokie op die draadjie.

  • Vou die materiaalsirkel in die middel deur, sodat dit vou daar waar die draadjie geplak is en die papiertjie geplaas is.
  • Smeer gom al langs die rand van die een helfte, maar los omtrent so ‘n sentimeter op elke punt oop (sodat gaste dus die papiertjie kan uittrek).

  • Vou jou sirkel toe en knyp dit met ‘n wasgoedpennetjie vas. Laat heeltemal droog word.
  • Nou kan jy die “koekie” vorm gee: Druk dit al om die randte sodat dit lekker uitpof en gee die draadjie ‘n buig om daardie karakteristiese fortuin-koekie voorkoms te gee.

En daar het jy dit! Nou nie soet op die tong nie, maar beslis ‘n bederfie vir die oog.

Alle foto’s en hul bronne is beskikbaar op Pinterest


  • Christie

    oulik

  • Reline

    Dis ‘n oulike idee. Gaan definitief die bruid hiervan vertel.

  • Rita

    So maklik dankie

  • Lani

    Baie oulik!

  • Ronel de Vos

    Tog te Fraai ♥

Advertensies

Search Our Blog

Browse by Category