Die Wensboompie { Alternatiewe Gasteboek }

wensboompie

Eers het ons die reëlboek by die venster uit gegooi, en nou gaan die tradisionele gasteboek daarmee saam. Jou troudag is ‘n sprokiesagtige geleentheid, en ‘n wensboombie sal dus die perfekte mistieke en feetjie-agtige komplement wees – prakties, mooi en boonop maklik om te maak! Hier’s hoe jy te werk kan gaan…

Benodigdhede:

  • 6 tot 10 droë take met baie takkies
  • Spuitverf of vernis (opsioneel)
  • ‘n Glasvaas of plantpotjie – watokal by die styl van jou geleentheid pas.
  • “Fondasie” waarin die takke geplant kan word – byvoorbeeld rivierklippies, glasklippies, sand of tuingrond.
  • Versierings soos krale of kristalle (opsioneel)
  • Karton
  • Dun tou of lint

Kom ons spring aan die werk!

  1. Stroop die takke van enige blare wat dalk nog daaraan vasklou.
  2. Opsioneel: Bedek die takke met ‘n dun lagie verf of vernis. Wees versigtig dat jy dit nie te dik aanwend nie aangesien die verf trane of blasies mag vorm. Wend liewer ‘n hele paar dun lagies aan totdat jy die gewenste resultaat kry.
  3. Vul die vaas of pot met jou “fondasie” en plant die takke in die pot – maak seker dit staan sterk!
  4. Opsioneel: Versier die boom met stringe kraletjies, klein kristalle, blinkertjies, lint of watokal jou hart begeer.
  5. Vir die wenskaartjies (waarop die gaste hul wyse woorde en gelukwensings gaan skryf), maak kaartjies uit karton in die grootte en vorm van jou keuse – wees versigtig vir te groot! Druk ‘n gaatjie deur die kaartjie, ryg ‘n stukkie lint of tou deur en bind die twee punte saam om ‘n lussie te vorm.

En al wat ons nou nog kan sê is, SIEDAAR!

Alle foto’s en hul bronne is op ons Pinterest beskikbaar.


  • http://trouinsperasie cherise nel

    Ek is mal oor die idee. My idee was om foto te maak van my en aanstaande en dit op canvas te print en baie spasie te los vir die gaste om ietsie kort op die canvas te skryf maar my man is nie life vir fotos nie so die idee is perfek. Baie dankie

Advertensies

Search Our Blog

Browse by Category