Decoupage { Doen-Dit-Self Inspirasie }

decoupage-idees-vir-troue

Decoupage is ‘n modern kunsvorm waar ‘n papierontwerp op feitlik enige gladde oppervlak vasgeplak kan word, met die hulp van ‘n spesiale gom – beskikbaar by meeste kuns- en skryfbehoeftewinkels. Buiten die vasplak van die ontwerp, seël die gom ook die oppervlak om dit dus sterk en waterdig te maak.

Op die manier stel decoupage jou in staat om jou troudagelemente sélf te verpersoonlik – hetsy jy ‘n enkele ontwerp op verskeie elemente wil “plak” of jou dekor-stukke met iets soos jou troudatum of monogram wil versier.

Kom ons loer na ‘n paar materiale wat gereeld as basis in decoupage gebruik word:

  • Materiaal: Skep jou eie persoonlike plekmatjies wat gaste as aandenkings kan huistoe neem of versier die tafeldoek, servette, muurbehangsels of stoelkussinkies sodat dit by jou tema inpas.
  • Metaal: Plak jou spyskaart of tafelplan op ‘n stuk gladde metaal vas, of maak jou eie blompotte deur herwinde blikkies vir die decoupage-projek in te span.
  • Terracotta: Verander ‘n eenvoudige plantpot in ‘n monogram-blompot of versier ‘n hele klomp potjies wat jy vir die gastegeskenkies kan gebruik.
  • Hout: Laat druk jou tafelplan op papier en “plak” dit op ‘n ou deur of houtblad. ‘n Ander alternatief is om lasergesnyde hout letters met ‘n mooi motief-papier oor te trek om by die tema te pas.
  • Glas: Versier herwinde glasbottels wat jy as begrotings-vriendelike kersblakers of vase kan gebruik, of plak jou ontwerp op die glasflessies waarin die skemerkelkies bedien gaan word. ‘n Ander opsie is om ‘n ou vensterraam in ‘n tafelplan te omskep, soos ons in die vorige punt beskryf het.

Alle foto’s en hul bronne is beskikbaar op Pinterest.


Advertensies

Search Our Blog

Browse by Category