Breek die Brosbrood { Basiese Resep }

brosbrood-vir-troue

Deur bloot die woord “brosbrood”, oftewel “shortbread”, te noem laat sommer klaar die tong prikkel! Met sy kenmerkende smelt-in-die-mond tekstuur en ryk botter geur, herhinner díe nostalgiese beskuitjie mens aan bak-en-brou dae in Ouma se kombuis, en teepartyjies op die stoep.

Bo en behalwe die gewildheid, is brosbrood die ideale troudag-happie bloot omdat dit feitlik ‘n maand voor die tyd gemaak kan word. So as jy lus is om ‘n doen-dit-self gastegeskenkie-projek aan te pak, loer gerus na díe maklike reseppie:

Jy benodig:

  • 1 1/3  koppies ongesoute botter by kamertemperatuur
  • 2/3 koppie suiker
  • 3/4 teelepel sout
  • 3/4 teelepel vanieljegeursel
  • 1/3 koppies koekmeel

Só gemaak:

  • Voorverhit die oond tot 275-grade Fahrenheit.
  • Smeer ‘n groot plat bakplaat met ‘n bietjie botter en bedek die bodem met bakpapier.
  • Verroom die botter en suiker in ‘n mengbak en klits tot lig en romerig – ongeveer 2 minute met ‘n elektriese klitser.
  • Voeg die sout en vanieljegeursel by, en klits/meng totdat dit goed saamgebind is.
  • Voeg die meel geleidelik by, een koppie op ‘n slag, terwyl jy al die bestanddele saamklits/meng.
  • Keer die deeg op die voorbereide bakplaat uit, sprei dit tot ‘n dikte van jou keuse uit en gebruik die agterkant van ‘n lepel om dit egalig te maak.
  • Gebruik ‘n skerp mes om die deeg in vierkante of vingers te sny. Prik die oppervlakte met ‘n vurk of maak mooi patroontjies van jou keuse.
  • Bak vir ongeveer 70 tot 80 minute of tot die brosbrood effens goud van kleur is. Moenie die beskuitjies te lank bak nie!
  • Sodra dit gereed is, laat die plaat koekies effens in die pan afkoel voordat jy die hele plaat op ‘n draadrak uitkeer. Maak die brosbrood koekies los van mekaar, deur versigtig al langs die lyne (wat jy vroër met die mes gemaak het) te sny of breek.

Sodra jy díe basiese resep onder die knie het, kan jy kreatief raak en die koekies in sjokolade doop, met sprinkels versier of in vormpies sny – so begin sommer vandag al oefen en eksperimenteer!

Alle foto’s en hul bronne is op ons Pinterest beskikbaar.


  • Rhea Beukes

    Ek wil graag die knopie koekies doen, maar sukkel om die vorm reg te kry. As die koekie rys verander dit die vorm Is daar miskien ‘n ander resep wat ek kan probeer, En hoeveel is twee fingers botter,
    Help asseblief
    Dankie

Advertensies

Search Our Blog

Browse by Category