Altyd Teetyd { High Tea Tema }

high-tea-trou-tema

Oefen jou pinkie, want hy gaan punt in die wind moet staan vir díe deftige tema! High tea is a tipiese Engelse tradisie wat weer onlangs hier by ons vlamgevat het, en gee jou die geleentheid om met jou fynste juwele en duurste pêrels te spog.

Bo en behalwe die mode, dekor en eetgoedjies, gaan die venue-keuse die grootste rol speel in die sukses van jou high tea tema – dink klassieke teekamer of balsaal, of meer gemanikuurde buitelugvenues. Eers wanneer die venue bevestig is, kan jy die elegante prentjie met hierdie idees begin inkleur:

  • Kies blomme wat by die adelike ambians van die tema pas, soos peonies, rose, lelies, angeliere, orgidieë en so aan.
  • Maak gebruik van ‘n verskeidenheid delikate teestelle en koekstaanders om die skemerkelkies en versnaperings te bedien asook die venue terselfdetyd te versier.
  • Bedien allerhande fyn en “koninklike” soetgoedjies soos makrolletjies, petit fours, roompoffertjies, skons en so aan, tesame met ‘n wye verskeidenheid teesoorte vir gaste om te kus en te keur.
  • In plaas van ‘n lang trourok, kies ‘n enkellengte 50’s geinspireerde teerokkie wat speels dog deftig is of ‘n vroulike kant-nommertjie.
  • Doilies is ‘n absolute moet, hetsy jy dit as plekmatjies gebruik of dit in tuisgemaakte vlaggies omskep.
  • Bederf vroulike gaste met glansryke kant-sambreeltjies of waaiertjies om hulle gedurende die high tea koel te hou.
  • Vintage teeblikke maak die ideale blompotte en kan sommer ook op die lekkergoedtafels as houers ingespan word.

As jy, oftewel manlief egter nie vir ‘n high tea troudag tema kans sien nie, draai jou strooimeisies se arms om jou kombuistee by ‘n hotel of teekamer te hou of neem hulle vir ‘n strooimeisie high tea as ‘n dankie vir al hul harde werk.

Alle foto’s en hul bronne is op ons Pinterest beskikbaar.


Advertensies

Search Our Blog

Browse by Category