22Seven: ‘n Bruid se Beste Begrotings-Maatjie

22seven-bruid-se-beste-begrotings

‘n Troue is ‘n duur storie en die geldelike sy van die saak kan vining handuit ruk, veral as jy nie ‘n vinger op die pols hou nie. Om boonop getroud te wees vat selfs meer geld kennis, veral wanneer mens dinge soos vakansies en romantiese etes met rekeninge en familie beplanning moet opweeg. Dit beteken dus dat elke bruid die woord “begroting” vroeg-vroeg by haar woordeskat sal moet inwerk – en vinnig!

Met die fantastiese tegnologie wat ons deesdae aan ons vingerpunte het, is dit amper so maklik om ‘n begroting op te stel as om die geldjies te spandeer! Veral danksy programme soos 22Seven – ‘n opwindende nuwe begrotings-hulpmiddel van Old Mutual. Die handige program werk op basies enige selfoon, iPad en rekenaar met ‘n internet konneksie. Of jy nou vir die grootste dag van jou lewe ‘n begroting opstel of beplanning doen vir julle nuwe lewe saam – 22Seven help jou om tred te hou van jou geldsake en vertel jou presies hoeveel jy in die sak het.

Kom ons kyk na ‘n paar voordele van 22Seven:

  • BAIE veilige toegang tot al jou bankrekeninge wat jou ‘n goeie oorsig gee van jou geldsake.
  • Al jou bankrekeninge op een handige skerm.
  • Maklike manier om te begroot – geen ondervinding nodig!
  • Verstaan waarheen jou geld gaan – hetsy vir die troudag of in dag-tot-dag sake.
  • Verdeel en kategoriseer jou uitgawes – byvoorbeeld wat julle op onderskeidelik die bruid en bruidegom se uitrustings spandeer het.
  • Hou tred van jou lojaliteitsprogramme sodat jy weet waar jy punte kan spandeer.
  • Eenvoudige manier om beide jou en jou aanstaande se rekeninge aan mekaar te verbind.
  • Dis heeltemal GRATIS!

En, JA, dit is BAIE VEILLIG!

22Seven is ‘n afdeling van Old Mutual, en die doel is eenvoudig: Om jou te help met begrotings sodat jy jou eie geldsake kan hanteer en leer verstaan. So voor jy nog ‘n sent uitgee, besoek 22Seven sommer vandag nog!

» Kliek hier vir meer inligting

Desktop

22seven-bruid-desktop

Android

22seven-bruid-android

iPhone

22seven-bruid-iphone

Vir meer inligting, gaan kyk na 22 Seven se webtuiste vir die nodige aanwysings en hoe om te begin!


Advertensies

Search Our Blog

Browse by Category