Kategorie: Die Bruid, Media, Spys en Drank

Bruilof Brokkies { 16 Oktober }

Seisoen 1 van Bruilof begin nou stadig einde se kant toe staan – wat elke Afrikaanse bruid se hart sommer laat huil. Maar op ‘n meer opgewekte noot – hier’s ‘n paar brokkies uit gisteraand se program!

Strooimeisie- en bruidsmoeder uitrustings: Odette Gomes

  • Al is die rok ‘n asemrowende meesterstuk kan dit slegs tot eie reg kom as die persoon in die rok gemaklik is en beeldskoon voel. Die draer moet die rok dra, en nie andersom nie.
  • Die verskeie rolspelers se uitrustings moet mekaar aanvul eerder as om op ooglopende wyse by mekaar te pas.
  • Wanneer julle uitrustings kies, probeer om jou troufoto te visualiseer en daar volgens die verskeie uitrustings te beplan.
  • Das en rok van eenderse materiaal is vereers iets van die verlede. Fokus eerder op klein subtiele tikkies, soos strooijonkers se sokkies en bruidsmeisies se skoene in ‘n eenderse kleur. Kies ‘n tydlose strooimeisie rokontwerp met min oordadige detail en wat met ‘n eenvoudige belt of juweelstuk in ‘n totaal ander ontwerp omskep kan word.
  • Met ‘n bietjie moeite kan enige rok aangepas word om feitlik enige liggaamsvorm te vlei. Kies dus ‘n ontwerper wat die ekstra moeite sal inploeg om jou droom te verwesenlik.
  • Reël vooraf ‘n gesellige teepartytjie virdie strooimeisies en bespreek elke uitrusting om ‘n idee te kry van wat jou gevolg in gedagte het.
  • Breek die monotonie van Mamma se snyerspakkie met ‘n interessante bloesie, soos ‘n satyn toppie of iets met ‘n luiperd-motief.
  • Dit is raadsaam vir beide die ma’s van die bruid en bruidegom om ten alle koste swart te vermy – dis immers nie ‘n begrafnis nie.
  • Loer vooraf by jou ma en aanstaande skoonma in en stel ondersoek in rondom wat hulle vir die groot dag beplan, om te verseker dat hulle nie op mekaar se tone trap nie.
  • Wees gaaf. Maak nie saak hoe prentjiemooi die strooimeisies in hul rokke lyk nie, niemand kan die bruid se kollig steel nie. Dis jou dag – laat hulle dit saam met jou geniet.

Vind pragrokke vir jou strooimeisies.

Grimering: Alicia Buckle

  • Moet nooit aan jou vel te druk of krap nie. Plaas eenvoudig ‘n blokkie ys in n waslap, druk dit liggies teendie puisie en hou dit daar vir 15 min tot die bakterie dood is.
  • Wanneer jy voel dat die trane vlak le, kyk op sodat die trane nie stort en jou grimering ruineer nie.
  • Wanneer jy vir ‘n oefensessie gaan, neem gerus ‘n digitale kamera saam en kyk hoe die grimering op foto vertoon.
  • Was jou hare die aand voor die tyd en nie op die dag self nie.
  • Moet ook nooit ‘n nuwe haarwasmiddel of bevogtiger probeer nie – bly by wat jy ken en vermy die onbekende om rampspoedige gevolge te stuit.
  • Om te verhoed dat jy ‘n bietjie van jou natuurlike sonbruin voorkoms verloor, moenie die aand voor die tyd skeer nie.
  • Maak seker die fondasie wat jy gebruik bevat nie reflekterende partikels nie, om so daardie spookagtige fisade te voorkom.
  • Vra dat een van die assistente by die grimeertoonbank handjie bysit wanneer jy jou onderlaag kies om te verseker dat jy wel die regte kleur in die mandjie sit.
  • Pas jouself op en neem ‘n vitamienaanvulling sodat jy nie met ‘n verkoue by die paadjie afstap nie.
  • Indien die begroting nie ‘n luukse skilferroom toelaat nie, meng ‘n lepel koeksoda by jou gesigroom in.
  • Wanneer jy jou eie grimering doen, staan voor ‘n venster staan wat genoeg natuurlike lig deurlaat, of by ‘n naakte gloeilamp om te vereker dat jy selfs in die swakste lig asemrowend lyk.

Vind ‘n grimeerkunstenaar in jou area!

Kos: Two Chefs

  • Die sleutelwoord tot ‘n suksesvolle spyskaart is ‘balans’. Die ideaal is om ‘n spyskaart saam te stel wat die oog verlei sowel as die smaakkliere, en terselfde tyd die hongerpyne genees.
  • Kosstasies is deesdae groot nuus in die trou-industrie. Deur die sjef agter die skerms uit te bring, kry gaste die unieke geleentheid om te sien hoe elke gereg voor hul oë materialiseer.
  • Voeg ‘n tikkie persoonlikheid by die spyskaart deur die spysenier te vra om ‘n moderne kinkel aan julle gunstelinge disse te gee.
  • Maak vrede met die feit dat julle nooit almal tevrede kan stel nie en luister eerder na wat jul eie palet en sintuie murmur. Neem slegs die voorkeure van die gemiddelde gas in ag.
  • Feitlik enige hoofgereg kan met ‘n teelepel kreatiwiteit in ‘n   vegetariese weergawe omskep word. Sekere bestandele kan ook uitgelaat word om gaste met allergië tegemoet te kom.
  • ‘n Palet-reiniger tussen geregte is altyd ‘n welkome toevoeging tot die gastetafel. Plaas bakkies kaas en yskoue flesse vars water op elke tafel, of bedien ‘n vervrissende vrugtesorbet of glase vonkelwyn met granaatpitte.
  • As die begroting effens aan die knap kant is, slaan die voorgereg oor en bedien eerder ‘n lywiger hoofgereg.
  • Speel met die manier waarop die gereg voorgesit word. Ruwe hout skinkborde en opdienborde verleen ‘n rustieke ambians aan die hele tafel terwyl fyn porselein eetgerei nommerpas is vir ‘n antiek sjiek tema.

Vind ‘n spysenier in jou area!



Soortgelyke artikels:

Een aanmerking op Bruilof Brokkies { 16 Oktober }

  1. Rita says:

    Die lig tip is goed

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

You may use these HTML tags and attributes: <a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <strike> <strong>