2014 Voorspellings Deel 1: Die Trourok

2014-trourok-1

Volgens kenners gaan 2014 die jaar van romanse en drama wees – twee woorde wat omtrent oor die laaste week of so opslae gemaak het! So kom ons skop ons voorspellings vir die nuwe jaar af met ‘n kykie na Die Trourok en loer ‘n bietjie wat op die mode-guru’s se lysie is:

Dramatiese Rug: Die rug van die trourok raak by die dag meer en meer van ‘n fokuspunt. In 2014 gaan die rug egter behoorlik in die kollig wees en ons verwag hope gedetaileerde loergaatjies, fyn plooitjies, sexy kant, laag gesnyde ruglyne en komtemporêre slepe. Een van die grootste modeneigings bleik egter om die oorkruis-rug te wees en die loopplanke het behoorlik oorgeloop van verskeie weergawes hiervan.

Vollengte Detail: Die drama word voortgesit met ‘n groot verskeidenheid weelderige en delikate materiale. Volgens kenners gaan ons die seisoen baie kop-tot-tone kant, borduurwerk, appliek, fyn frilletjies en fluweel te siene kry, asook rokke wat oortrek is met materiaal blommetjies en blomblaartjies.

Enkellengte Soom: Gemak en pret is hierdie jaar twee van die belangrikste konsepte wat trourokke betref, en daarom maak die enkellengte rok weereens ‘n groot terugkeer na die modefront. Terwyl díe lengte gewoonlik met 50’s styl rokke geassosieer word, gaan ontwerpers die jaar ook meer modern rok-style aanpas tot díe korter en speelse soomlengte.

Weg met Wit: Terwyl wit altyd ‘n gunsteling sal bly, voorspel modekenners dat ander skakerings soos ligte ombre, “blush”, grys en ivoor die nuwe wit gaan wees. Met “romanse” wat egter die woord van die oomblik is, is verskeie ligte pienk skakerings ook baie hoog op die modelysie vir 2014.

Kant Moue: Vandat Kate Middleton haar opwagting in kant gemaak het, is dit asof díe neiging by die oomblik groter en meer gewild raak. Volgens mode voorspellers gaan kant steeds die jaar hoogmode bly, maar kantmoue gaan veral die mode-front oorheers – veral wanneer die winter aanbreek.

Luukse Lae: Dit bleik asof “maak toe en bly warm” een van die jaar se grootste temas gaan wees, en dus beweeg ons van kant moue na materiaal lae. Kappies, jassies en deurskynende pashminas gaan omtrent opslae maak, en rokke gaan oor die algemeen meer kant, sjiffon, tule en satyn plooie en frilletjies as ooit tevore hê.

Kort Rokkies: In 2013 was die mini rokkie al klaar ‘n groot gunsteling en die neiging was vir bruide om hul lang trourokke vir kort rokkies te verruil voor hulle die dansvloer aandurf. Die jaar verwag ons egter om meer van die mini rokkie te sien, en voorspellers reken dat bruide dit vir beide die seremonie en onthaal sal dra.

2014-trourok-2

2014-trourok-3

2014-trourok-4

2014-trourok-5

2014-trourok-6

2014-trourok-7

2014-trourok-08

2014-trourok-8

Foto Krediet: http://theknot.ninemsn.com.au


Advertensies

Search Our Blog

Browse by Category