Ys Gewys { Koel + Noodsaaklik }

ys-gewys

Van al die goetertjies op die somertroue lysie, is ys sonder twyfel een van die eenvoudigste dog belangrike elemente. Vergeet egter van vervelige en banale ysblokkies in die kroeg se vrieskas – die tyd het aangebreek om ‘n koel kinkel op díe een te sit:

  • Vir ietsie vars en kleurvol, plaas bessies in die yshouertjies voor dit in die vrieskas ingaan.
  • Indien jy ‘n buitelug troue beplan, vries die sjampanje bottels in bloke ys vas. Teen die tyd dat dit bedien word, sal die ys gesmelt wees en die drankies yskoud!
  • Ys-standbeelde is weer hoogmode, so versier gerus die buffet-tafel met ‘n indrukwekkende stukkie yskuns.
  • Maak ‘n stelling met ‘n ys-struktuur wat ook as sjokolade- of mengeldrankie-fontein dien.
  • Vat dit ‘n trappie verder deur ‘n yskroeg te huur wat propvol bier en kleurvolle drankies gepak is, of vul groot emmers met ys en drankies.
  • Vir ‘n ekstra tikkie pret, vul vase met water en vries dit. Plaas kersies bo-op en, wanneer die ys begin smelt, sal dit begin dryf.
  • Skep interessante dekor torings deur interessante ditjies in datjies in groot blokke ys vas te vries.
  • Gebruik glasware wat “sandblasted” is en dus ‘n gevriesde voorkoms het.

Alle foto’s en hul bronne is beskikbaar op Pinterest


Advertensies

Search Our Blog

Browse by Category