Van Troue na Tuiste { Herwin jou dekor }

herwin-decor

Jou troue gaan heel waarskynlik een van die grootste uitgawes wees wat jy tot dusver in jou lewe moes aangaan, en dit alles net vir een dag! In plaas daarvan om egter al jou dekor en toebehore te huur, kan jy besluit om sekere elemente aan te koop en later in jou huis te gebruik – ‘n belegging wat jou nie net ‘n paar randjies sal spaar nie, maar boonop as herhinnering aan jou groot dag gaan dien. Hier is ‘n paar idees vir troue-na-tuis herwinning:

Glaspotjies

  • Troue: Lekkergoedtafel / Kershouers / Blompotte / Glase / Konfettihouers.
  • Tuis: Blompotte / In die kombuis vir koffie, tee, pasta, rys, speserye, ens. / Geskenk-flessies / Glase / Kershouertjies / Skryfbehoeftehouers / Terthouertjies of vir tuisgebak / Verf dit allerhande kleure!

Swartbordjies

  • Troue: Tafelplan / Tafelnommers / Spyskaart / Mooi slagspreuke / Rigtingaanwysings
  • Tuis: In die tuin / Inkopielys / Welkom-bord / Kennisgewingbord / Mooi slagspreuke in die sitkamer.

Materiaal

  • Troue: Drapering / Tafeldoeke / Agtergrond in die fotohoekie / Vlaggies
  • Tuis: Strooikussings / Gordyne / Tafeldoeke / Selfgemaakte rokkies / Vlaggies as versiering in die sitkamer of slaapkamer.

Vintage Breekware

  • Troue: Borde as opdienborde of koekstaander / Teekoppies as potplanthouers, tafelversiering, kershouertjies of lekkergoedbakkies
  • Tuis: Stal dit uit teen die muur of in ‘n vertoonkassie / Gebruik dit in die kombuis / Plant plantjies daarin / Gebruik as “onderborde” vir blommerangskikkings.

Lint

  • Troue: Op stokkies, in plaas van konfetti / Om ruikers gebind / In die strooimeisies se hare / Uit die dak of bome gehang.
  • Tuis: Versier geskenke en kaartjies / Dra in die hare of versier bestaande kledingstukke / Algemene versiering in en om die huis.

Potplante en kruieplantjies is ‘n baie interessante een. Vars blomme verlep, maar potplante vergaan nooit nie – wat ‘n wonderlike manier om werklik waarde vir jou geld te kry!

  • Troue: Venueversiering / Tafelrangskikkings / Eenheidsimbool.
  • Tuis: Stoep- en huisversiering / Kruie in die kombuis of groentetuin / Geskenkies vir vriende en familie.

Fotorame

  • Troue: Gebruik as tafelnommers / Rekwisiets in fotohoekies / Skinkborde of plekmatjies / Venueversierings teen die muur / Tafelplan.
  • Tuis: Hang ‘n versameling teen die muur / Geskenkies / Vervang die rugkante met spieëls / Verander dit in ‘n aansteekbord of swartbord / Gebruik as skinkborde of plekmatjies.

Outydse Boeke

  • Troue: Tafelversiering / Staanders op die kos- en lekkergoedtafels / Hang dit uit die dak
  • Tuis: Boekrak-vuller / Geskenke / Boekbladsye as geskenkpapier of maak vlaggies vir die huis / Opgestapel as versiering.

Hout of Metaal Monogramme

  • Troue: Koekversiering / Rugkante van bruid en bruidegom se stoele / In die troufoto’s / Seremoniedekor / Tafelversierings
  • Tuis: Hang teen die muur / Tafelversiering / In die voorportaal / Geraam saam met die troufoto’s

Alle foto’s en hul bronne is op Pinterest beskikbaar.


Advertensies

Search Our Blog

Browse by Category