Ter Nagedagtenis { Kosbare Herhinneringe }

herhinneringe-van-die-troudag

Of dit nou ‘n naby familielid is wat nie meer met jou is nie of ‘n goeie vriend wat eenvoudig nie die troudag kan bywoon as gevolg van onvoorsiene omstandighede nie – díe kosbare “ter herhinnering” idees sal verseker dat al jou spesiale mense by jou is wanneer jy op jou groot dag by die paadjie afstap:

  • Steek voor of by die seremonie ‘n kersie aan, as herhinnering aan die persoon wat jy wil onthou.
  • Werk ‘n klein aandenking (wat jou aan die persoon laat dink) aan jou trourok vas – dit kan selfs iets so eenvoudigs soos ‘n strikkie of ‘n klein hartjie wees.
  • Vra dat die huweliksoffisier of dominee ‘n oomblik van stilte by die verloop van die seremonie inwerk, ter nagedagtenis aan ‘n oorlede vriend of familielid.
  • Steek ‘n klein fototjie van die persoon aan die steel van jou bruidsruiker vas. Indien dit iemand aan die bruidegom se kant van die familie of vriendekring is, steek die fototjie aan sy lapel vas, net onder die knoopsgatruiker.
  • Rig ‘n fotomuur of -hoekie op met foto’s van al die familielede en vriende wat vir watter rede okal nie die troue kon bywoon nie.
  • By die seremonie, laat een van die stoele in die gehoor oop as herhinnering aan die persoon, en versier dit met foto’s en aandenkings.
  • Vra dat alle vriende en familielede wat nie die troue kan bywoon nie, boodskappe stuur wat die seremoniemeester can by die onthaal kan voorlees.
  • Plaas ‘n klein boodskappie, gediggie of foto van die persoon in die kerkprogram.

Alle foto’s en hul bronne is beskikbaar op Pinterest.


Advertensies

Search Our Blog

Browse by Category