Pompoms! { Al te Fraai }

pompoms

Daar is maar min bruide wat díe kostelike tierlantyntjies kan weerstaan. Pompoms is in all wat ‘n kleur en grootte is beskikbaar, en kan by meeste kuns-, handwerk- en skryfbehoeftewinkels aangeskaf word – dis nou te sê as jy hulle nie sommer self wil maak nie!

Bo en behalwe die wollerige pompoms wat jy op die winkelrakke sal raakloop, kan pompoms van ‘n hele verskeidenheid materiale gemaak word. Dink tissuepapier, wol, koerantpapier, net, kant, sjiffon en nog wat – maar nou eers genoeg gedink, laat ons ‘n paar idees rondgooi!

  • Vul klein sakkies met miniatuur pompoms wat gaste dan in plaas van tradisionele konfetti oor julle koppe kan strooi.
  • Maak oulike dakversierings deur eenvoudig ‘n hele klompie pompoms en blommetjies op ‘n lang stuk vislyn te ryg en dan van muur tot muur of balk tot balk te hang.
  • Hou jou ogies oop vir oorgroot papier- of blomme-pompoms waarmee jy die venue kan versier – hetsy dit aan die dakbalke of kandelare gehang word.
  • Versier die troukoek of kolwyntjies met prettige pompoms – maak net seker jy waarsku jou gaste om nie die bolletjies te eet nie!
  • Wat die skemerkelkie betref, kan jy die drankies met pompoms-op-stokkies versier, vase vol pompoms en feeliggies die wêreld vol plaas of groot pompoms uit die boomtakke hang.
  • Ken verskillende pompoms aan die verskeie gastetafels toe – byvoorbeeld pompoms van verskillende kleure of materiale – en gebruik dit as aanwysers.
  • Indien jy die tong-in-die-kies tipe is, voeg ‘n paar pompoms by jou bruidsruiker of versier jou skoene daarmee!
  • Om die pompom-tema verder te beklemtoon, gebruik groot bol-vormige blomme soos krismisrose, renonkels en peonies vir die ruikers.
  • Ander elemente wat kan bydrae tot die sfeer-tema sluit in: Chinese lanterns, helium ballonne, kolwyntjies wat met frilletjies versier is, en “pinwheels”.

Alle foto’s en hul bronne is op Pinterest beskikbaar.


Advertensies

Search Our Blog

Browse by Category