Hortjies by Dosyne { Dekor Idees }

hortjies

Jy onthou nog die hortjies waarmee jou ouma se huisie versier was en hoe jy net nou die dag nog bo-oor die afgedopte hortjies geklouter het in die vintage winkel. Vandag wil almal egter skielik hulle hande op ‘n hortjie of drie kry! Al lyk dit op die oog af nie juis na veel nie, is díe dekor-stukke al te oulik wanneer dit eers mooi afgeskuur, geverf en versier is – ongeag of jy nou een alleen of ‘n stapel gebruik.

Hoe jy te werk gaan om dit mooi te maak hang regtig van jou en jou tema af – van wit gewas en pienk geverf tot hortjies wat met materiaal oorgetrek is. Ons is veral gaande oor die waarvan die verf so effens afdop asook hortjies wat skoon geskuur is en mooi gevernis is.

Sodra jou hortjies fraai en vrolik lyk, kan jy dit op die volgende maniere op jou groot dag inspan:

  • Gebruik twee hortjies vir jou tafel plan, en posisioneer eenvoudig die naamkaartjies in die gleufies.
  • Verf die hortjies met swartbord verf en skryf die kerkprogram, spyskaart of gastename daarop.
  • Maak jou eie blommemuur deur allerhande bloeiseltjies tussen die gleufies te rangskik.
  • Gebruik hortjies as agtergrond vir die fotosessie of in die fotohoekie. ‘n Ander alternatief is om dit in ‘n kamerverdeler te verander om so die kroeg of badkamers af te skort.
  • Maak ‘n fototydlyn van jou en manlief deur eenvoudig die fototjies in die gleufies te posisioneer.
  • Bou ‘n hortjie-rak – gebruik twee hout leertjies as pilare en plaas die hortjies dwarsoor sodat dit op die latte rus. Siedaar – die ideale koektafel!

Alle foto’s en hul bronne is op ons Pinterest beskikbaar.


  • Maritsa Barnard

    Wat is die koste van die hortjies?

Advertensies

Search Our Blog

Browse by Category