Dansvloer Dekor

dansvloer-dekor-01

Die dansvloer is een van die heel laaste aspekte waaraan mens geneig is om te dink as dit by dekor kom. As jy egter mooi daaroor besin, vorm díe stuk vloer die middelpunt van die aandag aangesien die tafels gewoonlik in ‘n mate om die vloer gepak word. Indien dit dus afgeskeep word, kan dit in ‘n seeroog ontaard wat die algehele ambians van die geleentheid versteur.

Hier is ‘n paar idees om jou dansvloer in ‘n gesofistikeerde fokuspunt te omskep:

Om die rand: Die buite randte en hoeke van die dansvloer is die ideala areas om te versier. Omring dus die vloer met enigiets van kersstaanders en blommerangskikkings tot potplante en oulike “heininkies” soos houtreëlings, vlaggies, strooibale of feeliggies.

Uit die dak: Hangende versierings is fantasties aangesien dit nie net mooi en sprokiesagtig lyk nie, maar ook onder gaste se voete uit is. Dink skouspelagtige kandelare wat hoog en laag gehang is, asook hangende bommeversierings, glitterballe, vlaggies, stringe feeliggies, lanters en nog meer. ‘n Ander dramatiese toevoeging is ‘n “glitterbom” wat tydens die eerste dans ontplof.

Op die vloer self: Strooi versierinkies die hele wêreld vol sodat gaste daartussen kan dans – byvoorbeeld blinkertjies, blomblare en ballonne. ‘n Ander alternatief is om groot letters of prentjies op die dansvloer te plak of van ‘n projektor gebruik te maak om iets soos julle voorletters of gunsteling swart-en-wit fliek op die dansvloer te skyn.

In die middel: Deur versierings in die hartjie van die dansvloer te plaas, word gaste outomaties aangemoedig om al in rondte te dans. Ons is veral gaande lewensgrootte letters en oorgroot blommerangskikkings – maak egter net seker dat dit baie sekuur is sodat ‘n gas dit nie per ongeluk omstamp nie.

dansvloer-dekor-05

dansvloer-dekor-06

dansvloer-dekor-07

dansvloer-dekor-08

dansvloer-dekor-02

dansvloer-dekor-03

dansvloer-dekor-04

Alle foto’s en hul bronne is op ons Pinterest beskikbaar.


Advertensies

Search Our Blog

Browse by Category