Oorpoffertjies { Snoesig + Stylvol }

bykomstighede-vir-troue

Wintertroues is werklik besonders en sprokiesagtig, tensy jou ore natuurlik so yskoud is dat jy skaars kan hoor wanneer manlief ewige trou aan jou beloof. Deesdae is oorpoffertjies nie meer net vir kinders bedoel nie en kan ‘n stylvolle dog speelse toevoeging tot enige uitrusting maak, hetsy manlik of vroulik.

So indien jy ‘n wintergeleentheid beplan, spits gerus jou “ore” vir die volgende wenke en idees:

  • Versier jou oorpoffertjies met vars- of materiaalblomme wat by jou bruidsruiker pas en ‘n boheemse stelling maak. Gesels gerus met jou bloemiste oor verskeie blomme wat vir hierdie doel geskik sal wees.
  • Komplementeer jou oorpoffertjies met ‘n bypassende sjaal, truitjie of wollerige pashmina.
  • Indien wol of diertjie-hare nie juis in jou smaak val nie, oorweeg gerus oorpoffertjies wat met kant frille of rosette versier is.
  • Dra kleurvolle poffertjies wat ‘n spatsel pret by jou bruidsensemble voeg en by jou kleurskema of strooimeisie-rokke pas.
  • Laat borduur jou nuwe voorletters of “mev.” titel op die oorklappies.
  • Verras manlief met ‘n paar oorpoffertjies wat by oune pas sodat julle eenders lyk vir die fotosessie.
  • Indien jy self nie te gretig is om jou ore te bedek nie, kan oorpoffertjies die ideale toevoeging tot die strooimeisie-uitrustings maak.
  • Bederf gaste met poffertjies as gastegeskenkies! Gee dit reeds aan die begin van die seremonie vir hulle sodat hulle nie ‘n woord mis nie.

Alle foto’s en hul bronne is beskikbaar op Pinterest.


Advertensies

Search Our Blog

Browse by Category