Trippe, Trappe, Tulpe { Treffend + Kleurvol }

tulpe-trou-blomme

Ons is die seisoen omtrent genope met eenvoudige groot-kop blomme – krismisrose, lelies, groot oop rose en natuurlik tulpe! Díe helderkleurige en besonderse blomme is in ‘n wye spektrum kleure beskikbaar wat dit die ideale blomspesie vir enige geleentheid maak, ongeag die styl en kleurskema. Tulpe is nou wel nie die goedkoopste blomme op die lysie nie, maar omdat dit so treffend is kan jy baie met ‘n klein handjievol uitrig – hier is ‘n paar idees:

  • Bederf gaste met blombolle wat hulle in die tuin kan plant – ‘n uitstekende gastegeskenk wat as ‘n langdurende herhinnering aan jul troudag kan dien.
  • In plaas van ‘n uitspattige ruiker, dra ‘n enkele tulp by die paadjie af of rond jou uitrusting met ‘n tulpekroon af.
  • Versier die troukoek met vars tulpe of laat jou koekontwerper met fondantblommetjies eksperimenteer.
  • Versier elke gastetafel met ‘n tulp van ‘n ander kleur en gebruik dan die kleure as basis vir die tafelplan.
  • Danksy die blomme se lang stele, kan tulpe maklik geweef of saam gevleg word. Gebruik draad vormpies as die basis en skep dan allerhande tulpharte, -kruise and -vorme.
  • Vir ‘n skoon en moderne styl troue, rangskik bosse vars geplukte tulple in glasvase en, vir ‘n meer rustieke tema, in houtvaatjies of -emmers.
  • In plaas van konfetti of los blomblare, vul glasvase met tulpe sodat elke gas bloot ‘n blom kan vat en die blaartjies stroop.
  • Hangende blommerangskikkings is deesdae omtrent in die mode en, met hul lang stele en swaar koppe, is tulpe ideaal vir swewende rangskikkings.

Alle foto’s en hul bronne is beskikbaar op Pinterest.


Advertensies

Search Our Blog

Browse by Category