Kategorie: Artikels, Blomme

Blossende Bloeisels { Seisoenale Blomme }

Elke bruid weet dat jy jou blomme kies om by jou tema te pas, nie waar nie? Maar wat mens egter nie altyd in gedagte hou nie, is dat Moeder Natuur ook ‘n baie duidelike sê het in watter fraai kleurspatsels jy mag gebruik.

Blomme is alreeds nie juis die goedkoopste deel van die troue nie, en as jou gekose bloeisels boonop nie in seisoen is nie, kan jy maar weet dat hulle ‘n redelike krater in jou begroting gaan maak. Maar voor jy nagmerries kry oor ‘n peperduur of blommelose wintertroue, kyk ‘n bietjie na hierdie lysie van blomme vir elke seisoen en jou gemoed sal sommer weer blom:

*Die beskikbaarheid van blomme mag effens verskil van streek tot streek; hierdie is dus net ‘n basiese riglyn.

‘n Somer Sprokie

Wit Geel Oranje Pers Blou Pienk
Madeliefie Azalea Affodil Laventel Delphinium Delphinium
Pronkertjie Madeliefie Marigold Pronkertjie Koringblom Azalea
Delphinium Marigold Dahlia Delphinium Krismisroos Jasmyn
Koringblom Dahlia Varkblom Freesia Tierlelie
Seringblom Krismisroos Tierlelie Flappe (Iris) Koringblom
Dallelie Varkblom Azalea Pronkertjie
Dahlia Orgidee (Cymbidium) Japonica
Krismisroos Dahlia
Varkblom Krismisroos
Katjiepiering Varkblom

‘n Hemelse Herfs

Wit Geel Oranje Pers Blou Pienk
Tulp Affodil Dahlia Lanventel Koringblom Delphinium
Dahlia Madeliefie Affodil Dahlia Doukelkie Dahlia
Madeliefie Dahlia Lelie Tulp Koringblom
Japonica Lelie Hibiskus Tulp
Azalea Hibiskus Marigold
Delphinium Marigold Tulp
Affodil

EKSTRA IDEE: Gee ‘n rustieke herfs glans aan jou tafels en rangskikkings deur herfsblare en takke as deel van jou dekor in te span.

Winter Wonderland

Wit Geel Oranje Pers Blou Pienk
Tulp Affodil Tulp Laventel Koringblom Koringblom
Madeliefie Azalea Dahlia Tulp Orgidee (Cymbidium) Delphinium
Affodil Madeliefie Affodil Orgidee (Singapoer) Azalea
Japonica Dahlia Orgidee (Cymbidium) Dahlia
Orgidee (Cymbidium) Tulp Papawer Orgidee (Cymbidium)
Papawer

EKSTRA IDEE: Veldblomme is in volle blom die tyd van die jaar en gee ‘n natuurlike sjarme aan enige geleentheid.

Lieflike Lente

Wit Geel Oranje Pers Blou Pienk
Peony Affodil Affodil Pronkertjie Koringblom Delphinium
Tulp Azalea Azalea Rododendron (bergroos) Vergeet-myn-nietjie Azalea
Madeliefie Madeliefie Tulp Laventel Grasklokkie Waterlelie
Affodil Tulp Lelie Azalea Jasmyn
Japonica Primula (Primrose) Inka lelie Seringblom Koringblom
Azalea Botterblom Marigold Magnolia Rododendron (bergroos)
Pronkertjie Jasmyn Roos Tulp Engelse Madeliefie
Rododendron (bergroos) Rododendron (bergroos) Orgidee (Cymbidium) Pronkertjie
Dallelie Inka lelie Roos Vrugtebloeisels
Vrugtebloeisels Vrugtebloeisels Peony
Seringblom Roos Roos
Gousblom Inka lelie
Jasmyn
Inka lelie
Aronskelk
Roos
Waterlelie

EKSTRA IDEE: Spaar op jou blomme deur jou troue in die buitelug te hou en die dekor en rangskikkings aan Moeder Natuur oor te laat.

Heeljaar Helderheid

Wit Geel Oranje Pers Blou Pienk
Orgidee (Phaleanopsis) Orgidee Angelier Orgidee Krisante Roos (kweekhuis)
Swaardlelie Swaardlelie Roos (kweekhuis) Krisante Orgidee (Singapoer) Freesia
Freesia Freesia Freesia Hyasint Swaardlelie
Krisante Angelier Swaardlelie Swaardlelie Krisante
Angelier Roos (kweekhuis) Flappe (Iris) Orgidee (Phalaenopsis) Angelier
Gerbera Flappe (Iris) Roos (kweekhuis) Gerbera
Hyasint Krisante Hyasint
Oosterse lelie Gerbera Asiaat lelie
Lelie Hyasint Oosterse lelie
Krytblom (baby’s breath) Asiaat lelie Orgidee (Phalaenopsis)
Orgidee (Singapoer) Oosterse lelie Orgidee (Singapoer)
Asiaat lelie Orgidee (Singapoer)
Flappe (Iris)
Roos (kweekhuis)

EKSTRA IDEE: Vetplante is heeljaar verkrygbaar en met die regte strikkie, takkie en tierlantyntjie, maak dit die allerlieflikste tafelversiering.

Gesels ook met die bloemiste op die dorp voordat jy finaal op ‘n blom besluit en jou hele kleurskema daar rondom beplan – hulle sal jou ook presies kan sê wat moontlik is en wat liefs vir ‘n ander seisoen en geleentheid gelaat moet word.

Ons hoop dat elke bruid haar bloeisel mag vind vir ‘n blossende troudag om verewig en altyd in die hart en gedagtes te koester!

Alle foto’s beskikbaar op ons Pinterest-bladsy.



Soortgelyke artikels:

17 Aanmerkings op Blossende Bloeisels { Seisoenale Blomme }

  1. Pingback: Houtskoolgrys, Pienk en Grys / Pienk en Grys Troues | Trou Inspirasie

  2. Pingback: Pers, Swart en Silwer Troue | Trou Inspirasie

  3. Pingback: Geel Inspirasie / Geel Troues | Trou Inspirasie

  4. Pingback: Knoopsgatruikers / Bruidegom | Trou Inspirasie

  5. Pingback: Gerberas / Barbeton Daisies | Trou Inspirasie

  6. Cindy says:

    Die help BAIE!
    Baie dankie!!

  7. Pingback: Groen en grys / Kleurskema vir Troues | Trou Inspirasie

  8. nita says:

    Hi, my dogter trou die 1 sept 2012 en haar tema is lente bloeisels weet jul miekien waar kan ek te koop kry of blommetjie wat die naaste daarna lyk: wil graag net paar van hulle in lang vaas druk – kleurskema sjokolade bruin en lig pienk

    baie dankie

    • Trou Inspirasie says:

      Hi Nita. Die beste sal wees om met jul venue or bloemiste te praat. Dit hang af van die area. Gelukkig behoort julle maklik bloeisels daardie tyd van die jaar te kry.

  9. Pingback: Bruilof Tradisies | Trou Inspirasie

  10. Pingback: Pers, Pienk en Grys KIeurskema | Trou Inspirasie

  11. Lani says:

    Love dit!! Baie dankie!!

  12. Annè says:

    Ek trou die 27ste Oktober 2012, my kleur is Turkoois, silwer en wit
    watter soort blomme sal die mooiste pas by my kleur skema?

  13. Pingback: Oranje, Wit en Swart Kleurskema | Trou Inspirasie

  14. Pingback: Skuurtroues / Skuuronthaal / Plaastroues | Trou Inspirasie

  15. Chantal says:

    Hallo ek soek dringend hulp ASB ek trou desember wou varkore gebruik vir my ruiker maar varkore skeur baie vining en my ruiker moet kilometres ver travel. waste wit / ivoor blomme is in seisoen vir Desember groot asb ek sien vanmiddag die bloemis en moet dringend idees kry.
    Groete

  16. Leoni says:

    My dogter trou begin Mei 2014 ek soek dringend waar ek kan herfsblare koop.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

You may use these HTML tags and attributes: <a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <strike> <strong>