Toesprake: Wie sê wat?


Foto deur Yvette Gilbert

Toesprake is die deel van die onthaal wat altyd die gaste nader aan die familie bring en sorg vir ‘n paar lekker lag en tranetrek oomblikke. Tradisioneel word daar net drie toesprake by ‘n onthaal gelewer: Die van die bruid se pa, die bruidegom en die strooijonker. Tog, soos met soveel van die eeu-oue trou tradisies, word daar deesdae weggebreek van die tradisionele toespraaklysie en is dit heel gepas vir enige van die ander sleutelfigure om ‘n paar woorde te spreek of ‘n heildronk in te stel. Vergeet dus van “hoe dit nog altyd gedoen word”, en stel enige van hierdie persone aan die woord:

Die bruidsvader (en –moeder)

Al is dit tradisie dat die bruid se pa die toespraak lewer, gaan niemand egter ‘n wenkbrou lig as die trotse ma ook ‘n ietsie wil bylas nie. Normaalweg sal hulle afskop deur familie en vriende welkom te heet, en hulle te bedank vir hulle teenwoordigheid. Daarna volg die spesiale oomblik waarin die trotse pa/ma hul dogter komplimenteer en gelukwens, en spesiale herhinneringe uit haar kinderdae deel (wat gewoonlik sorg vir ‘n traantjie of twee). Hy/sy sal dan ook hulle nuwe skoonseun verwelkom as deel van die familie en tevredenheid uitspreek oor hul dogter se goeie keuse. Laastens is dit altyd gepas om ‘n paar wyse woorde aan die bruidspaar te rig, waarna die toespraak afsluit met ‘n heildronk op die nuwe paartjie.


Foto deur PC Benadé Fotografie

Die bruidegom se ouers

Terwyl dit glad nie deel is van die tradisionele loop van sake nie, verkies baie bruidspare om beide ouerpare die geleentheid te vergun om ‘n toespraak te lewer. En hoekom nie? So ‘n toespraak gee die bruidegom se ouers dan ook ‘n geleentheid om hul seun geluk en sterkte toe te wens, en stories uit sy jongdae te vertel. Hierdie toespraak sal redelik op dieselfde trant as die bruidsvader s’n verloop, met die ouers wat die gaste bedank, die bruid verwelkom in hulle familie en ‘n heildronk op die gelukkige paartjie instel.

Die bruidegom

‘n Tipiese bruidegom toespraak dien as ‘n antwoord op sy skoonpa en -ma se woorde van verwelkoming. Hierin bedank hy sy skoonouers dat hulle hom aanvaar het as ‘n geskikte eggenoot vir hul dogter en met ope arms in die familie verwelkom het. Hy sal dan ook sy pragtige bruid komplimenteer en lof toesing, waarna hy na sy ouers sal draai en hulle bedank vir hulle opofferings, ‘n goeie opvoeding en gelukkige kinderdae. Die bruidegom bedank ook die gaste, namens hom en sy bruid, vir hulle teenwoordigheid, goeie wense en pragtige geskenke. Tradisioneel sluit hy dan sy toespraak af deur ‘n heildronk op die strooimeisies in te stel.


Foto deur Yvette Gilbert

Die bruid

Terwyl hierdie toespraak ook nie deel vorm van die outydse manier van doen nie, is dit deesdae al amper tradisie dat die bruid ook ‘n toespraak lewer. Haar woorde weerspieël gewoonlik baie van wat die bruidegom alreeds gesê het, maar sluit dan ook ‘n bedanking aan haar skoonouers in. ‘n Bruidstoespraak sorg ook gewoonlik vir baie tranetrek oomblikke, veral wanneer sy haar ouers bedank vir hulle jare lange ondersteuning en liefde. Party bruide verkies egter om saam met die bruidegom op te staan en slegs ‘n woordie of twee by sy toespraak te las, terwyl ander eerder ‘n kort stukkie sê wanneer die koek gesny word.


Foto deur Yolandé Marx Fotografie

Die strooijonker

Laaste aan die woord is die strooijonker. Sy toespraak dien weer as ‘n antwoord op die bruidegom se toespraak, en praat namens al die strooimeisies en -jonkers wat die dag saam met die paartjie kon vier. Dis normaalweg lighartig en propvol lekker-lag stories van sy avonture saam met die bruidegom – alles natuurlik skoon en familie-vriendelik om so niemand in die verleentheid te stel nie. Terwyl die toespraak hoofsaaklik lig en vermaaklik is, is dit belangrik dat dit ook ‘n dieper ondertoon het wat die bruidegom in ‘n goeie lug stel. Laastens sal die strooijonker die bruid komplimenteer en afsluit met ‘n heildronk op die paartjie.

Die seremoniemeester kan ook geleentheid gee aan gaste om gelukwensings uit te spreek. Hou egter net in gedagte dat, terwyl elke woordjie vir die bruidspaar ‘n soetigheid vir die siel is, jou gaste dalk gou verveeld kan raak met te veel stories uit julle kinderdae. Hou dus die toesprake kort, kragtig en vol vreugde, sodat die dans, kuier en kapperjolle kan begin!


  • Pingback: Hoofstrooijonker en -Strooimeisie Pligte | Trou Inspirasie()

  • Pingback: Grappies vir toesprake / Grappies by troues | Trou Inspirasie()

  • Reline

    ‘n Bruid se ‘speech’ is altyd ‘n wenner.

  • Lani

    Baie baie dankie!!!! Gaan baie help!

  • Adri

    Soek ‘n toespraak van die vader vir die bruid en bruidegom

  • Pingback: Bruilof / 4 September 2012 | Trou Inspirasie()

  • Lizel

    Ek wil net weet as alby die bruid se ouers oorlede is wie dun die speeds vir hulle

  • marilize

    Help asb, ek soek n voorbeeld van n kort maar kragtige toespraak wat baie spesiaal is wat ek as bruid vir my man kan doen.

    Seblief, ek nie n idee waar om te begin nie, al het ek ek so baie in my hart om te se, is dit moeilik om dit in woorde te se.

  • Jenna Botha

    Help my asb ek as moeder wil iets spesiaal aan my seun en sy bruid opdra. En ek het geen idee waarom te begin nie.

  • Annatjie Viljoen

    Alles is baie behulpsaam baie dankie. Sou gaaf gewees het as daar idees vir serimoniemeesterkan wees

  • André Olivier

    Help my asb, ek is die Strooijonker en moet ‘n heildronk op die Bruidegom (my broer) instel.

  • Adri

    Ek en my Man wil beide ,n heildronk instel op die bruid. Enige raad en voorbeeld van toespraak asb

  • Elize

    Ek is opsoek na ‘n kort maar kragtige toespraak, wat my man vir sy ma kan se op haar troudag.

  • LULU

    Help my asb ek m oet n toespraak lewe op een van my beste pelle se trou op hulle 2 natuurlik wil dit so kort as moontlik hou maaar dit moet die beste toespraak ooit wees want natuurlik is hulle bbaie spesiaal.

  • lulu

    help asb ek moet n toespraak gee op een van my vriendinne se troue ek wil dit asb kort en kragtig maak asb

  • jan du plessis

    Ek is die bruid se pa en wil `n kort maar gepaste toespraak lewer
    Help asb

  • cornelius

    Ek is een van die strooi jonkers,maar sy enigste broer kan nie die troue bywoon nie.ek moet n hieldronk instel op sy ouers.Wat se n mens.Dankie

  • dina

    Het ‘n toespraak nodig vir my vriendin se troue

  • Adri

    Help asb, ek soek n voorbeeld van n kort maar kragtige toespraak wat baie spesiaal is wat ek as bruid vir my man kan doen. Ek wil dit kort en kragtig hou omrede ek nie regtig voor mense kan praat nie maar wil tog ook graag ietsie se.

  • Vanessa

    HI, Ek is dringend opsoek na n baie mooi toespraak aan my pa op sy trou dag en ook so natuurlik vir die nuwe liefde in sy lewe stiefma – maar terselfde tyd moet dit ook wees van moenie net een gesin en hulle kinders liefde en aandag gee nie en dink ook dat jy kinders nog het.

  • leanne Joubert

    Help asb, ek soek n voorbeeld van n kort maar kragtige toespraak wat baie spesiaal is wat ek as bruid vir my man kan doen. Wil ook dankie se vir my ouers en my skoonouers. Help ASB ek trou die Saterdag 14.12

  • Lizaan Grobler

    Help my GROOT asb… Ek soek ook asseblief ‘n voorbeeld van “n spesiale toespraak aan my man en/ of seënbede wat ek voor ek by die kerk instap vir hom wil speel. Sal ook idees waardeer hoe om ouers en skoonouers te bedank. Duisende dankies***

  • Michelle

    Ook hulp gesoek hierso. n Vriendin het gevra dat ek vir haar n spesiale toespraak skryf vir die bruid wat ook haar vriendin is.

  • elanza thiart

    Dag se,

    Ek soek dringend ‘n toespraak wat ek moet lewer vir my neef wat die saterdag trou. Ek moet ‘n toespraak maak vir sy ouers en sy suster, maar sy ouers is geskei. Hoe begin ek, wat se ek? Moet kragtig en kort wees. Help my asb, ek is al raad op. Dit moet baie spesiaal wees.

    Dankie Baie
    Elanza

  • Marinda

    Wil graag n idee he oor die volgende. Ek wil graag n toespraak lewer namens my suster en haar man en hul seuntjie wat oorlede is in motorongeluk. Hul oudste seun trou nou en ek wil baie graag ietsie vir hom en sy toekomstige bruid voorlees namens sy ouers. Kan u my asb help

  • Andre

    Ek moet ‘n heildronk instel op die bruidspaar, maar ken die bruidegom nie goed nie. Het jy dalk vir my ‘n kort en kragtige toespraak om my te help.

Advertensies

Search Our Blog

Browse by Category