Die Verlowingsfotosessie { Basiese Riglyne }

trappe

swartbord

piekniek

oulike-verlowingsfoto

notas

hart

frog-prince

bordjies

black-and-white-beach

bicycle

balloons

Verlowingskiekies is dalk nie heel bo aan jou beplanningslysie nie, veral nie in vergelyking met die opgewondenheid en stres van troubeplanning nie. Dit mag dalk na mors van tyd voel in teenstelling met alles wat moet gebeur voor jou groot dag, maar voor jy net hierdie voor-troue kiekies as nutteloos afskryf, is daar ‘n paar voordele wat jy eers mooi moet opweeg.

Eerstens laat verlowingsfoto’s soveel meer ruimte vir pret en plesier as die tradisionele en formele troudag- fotosessie. Dit gee julle as paartjie die geleentheid om saam te giggel, prettig te raak en jul gesamentlike persoonlikheid uit te leef voor die kamera.

Die foto’s is boonop ‘n manier om die begin van ‘n baie belangrike reis saam vas te vang. Elke kiekie dui die begin van julle amptelike samesyn aan en julle ooreenkoms om die res van jul lewens saam te spandeer. Hierdie fotosessie laat julle dus toe om werklik die belang van die groot okasie te benadruk eerder en die meeste van hierdie spesiale tydjies in jul lewens te maak. Na maande se beplanning en senuwees sal julle boonop genot daaruit put om terug tekyk na die verlowingskiekies en oomblikke te herleef.

Nog ‘n uiters belangrike punt om te onthou is dat ‘n verlowingsfotosessie julle die geleentheid gee om die fotograaf te leerken, en ook andersom. Dit is nou wel nie altyd moontlik om een fotograaf vir beide die verlowings- en troudagfotosessie vas te knoop nie, maar indien jy kan is dit ‘n wonderlike manier om te verseker dat alles reg verloop op die groot en belangrike dag.

‘n Verlowingssessie gee julle dus die geleentheid om gemaklik te raak met die fotograaf en ook te leer om duidelik te kommunikeer wat julle verlang. Verder kry die fotograaf kry ook die geleentheid om te bepaal wat werk en wat nie, en aan die einde van die dag beteken dit meer natuurlike troufoto’s sonder flater of voorval.

Maak seker jy reël jou verlowingssessie so vroeg as moontlik sodat julle genoeg tyd het om na verskillende redigeringstegnieke te kyk en die foto’s te bestudeer dit by die eintlike troufotosessie kom. So kan jy waarborg dat elke troufoto iets besonders is, en jy nie per ongeluk van jou “verkeerde kant” afgeneem word nie.

Om die verlowingsfoto’s so betekenisvol as moontlik te maak, speel lekker rond voor die kamera en maak ‘n punt daarvan om op natuurlike wyse julself as paartjie te geniet en werklik jul persoonlikhede uit te beeld. Moedig ook die fotograaf aan om avontuurlustig te wees en idees te gee sodat dit werklik in ‘n prettige fotosessie ontaard. ‘n Wonderlike manier om te verseker dat jul foto’s uniek en eie aan julle is, is om ‘n venue te kies wat julle na aan die hart lê, byvoorbeeld die plek waar julle jul eerste soen gedeel het, waar julle ontmoet het of sommer net jul gunsteling plek om saam tyd te spandeer. Vra dan ook die fotograaf om foto’s te neem wanneer julle dit nie verwag nie sodat dit natuurlik lyk.

Die foto’s wat by jul verlowingsfotosessie geneem word kan dan ook meer as een doel dien deurdat jy dit op die troudag self gebruik. As deel van die uitnodigings, onthou-die-datum kaartjie of sommer net om ‘n mooi fotobord vir die troudag aanmekaar te sit.

Maar nou eers vir ‘n paar wenke om die meeste van jul verlowingsfotosessie te maak:

  • Ontspan en lag lekker wanneer julle jul foto’s laat neem.
  • Maak seker dat jy, jou aanstaande en die fotograaf almal van mekaar se behoeftes en voorkeure bewus is.
  • Gebruik ‘n verskeidenheid agtergronde of venues om so die meeste van die dag te maak.
  • Wees lekker vryerig! Die foto’s moet immers jul liefde vir mekaar uitbeeld.
  • Trek soliede en komplementerende kleure aan en vermy bont patrone en groot juweliersware wat die aandag kan aflei van julle af.

Alle foto’s en hul bronne is op Pinterest beskikbaar.


Advertensies

Search Our Blog

Browse by Category